Menu

Dit is waar. Eiers is fantasties!

Gekookte eiers is een van die beste bronne van proteïene vir mense en troeteldiere.  Eiers bevat belangrike elemente soos yster, Vitamiene A,D en B, asook essensiële vetsure. Daarom is die goeie ou Engelse ontbyt so gewild. Maar ons weet dit alreeds.... die vraag is, moet ons eiers by ons troeteldiere se kos voeg?

Baie mense doen dit.  Dit is algemeen bekend dat dit verantwoordelik is vir ʼn blink pels en gesonde vel in honde en katte.  Dit verhoog ook die proteïne in die kos en veroorsaak dat die kos lekkerder is.

Eiers is een van die min voedselsoorte wat as ’n volledige proteïen beskou word.   Baie voedselbronne kan hoog in proteïne wees, maar dit kan die soort wees wat jou troeteldier se liggaam eintlik nie kan gebruik nie.  As jy na die etiket op die sak kyk, kan die proteïeninhoud op die sak hoog wees, maar dit gaan eintlik oor die kwaliteit van die proteïn, en nie die kwantiteit nie.
Vere is byvoorbeeld baie hoog in proteïene, en wanneer die kos in die laboratorium getoets word is die proteïnvlakke hoog, maar dit kan nie verteer of geabsorbeer word deur jou hond of kat se liggaam nie.  Wanneer ʼn maatskappy hulle proteïene verfyn, beteken dit hulle haal hierdie soort bestanddele wat nie verteerbaar is nie, uit.  Soek byvoorbeeld na ʼn produk soos Eukanuba, wat bestanddele gebruik wat goedgekeur is vir die gebruik in menslike produkte / kos, en die proteïene word boonop verfyn.

Eiers is die goue standaard wanneer ons dit vergelyk met ander proteïenbronne wat in troeteldiervoedsel voorkom, soos hoender, vis, en soja gluten.

Hoekom is eiers so fantasties?

Eiers het die beste aminosuurprofiel.

Aminosure is die boustene van proteïene. Honde en katte het sekere vereistes vir hierdie boustene wat hulle nie self kan vervaardig nie, daarom moet dit in hulle dieet voorkom.

Sekere kosse het verskillende vlakke van hierdie boustene, en eiers bevat al 9 essensiële aminosure.  

Dit beteken die boustene wat die liggaam nodig het om gesonde weefsels te bou en in stand te hou, is almal daar.

En die beste deel ... super premium kosse soos Eukanuba bevat eier. Dit beteken dat die boublokke wat jou troeteldier nodig het om sterk bene en spiere te bou en in stand hou, reeds in die regte verhouding is.

Kan ek my troeteldier eiers gee?

Baie troeteldierouers dring daarop aan om hul troeteldier se kos met rou eier aan te vul.  In oormaat kan rou eier (veral die eierwit), giftig wees. Dit kan 'n tekort aan Vitamien B veroorsaak, wat kan lei tot skubberige vel, haarverlies, swak groei, anorexia en diarree. Bakteriële besmetting is nog 'n risiko en dit kan braking en erge diarree veroorsaak.

As jy 'n eier wil byvoeg, moet jy dit eers kook.

As jou troeteldier op 'n super-premium kos is wat slegs met hoë kwaliteit diereproteïene gemaak word, hoef jy dit nie aan te vul nie. Gebruik eerder jou geld om te belê in 'n goeie gehalte kos eerder as om 3 dosyn eiers per maand vir jou troeteldier te koop.

Stienie Pretorius
Energetic, loves all creatures and interacting with them. Stienie puts in effort to ensure that all pets gets the best treatment. Her 8 years experience working for Cube Route and ePetstore has given her the wisdom and passion for what she is doing. Stienie is a mother of two toddlers and keeps a balanced lifestyle between work and family by taking long walks with her family and their Staffordshire Terrier 
read more ⟶
Leave a comment
You might also like

Hittegolf Veiligheids Wenke

Met SA se besonderse warm weer, is dit belangrik om al die nodig voorsorgmaatreëls te neem, wat sal verhoed dat jou troeteldier nie ly  aan hitte uitputting nie...
views: 201