Menu

Sjoe, ek weet nie van julle nie, maar sodra ons yskasdeur oopswaai is baba-beertjie soos ‘n weerligstraal daar om te smeek vir ‘n daardie kosbare druppel melk. 

 
Die melkmanie saam met die aanhoudende miaau miaau miaau pluk aan my hartsnare, dis net ‘n kwessie van tyd tot daardie druppel (duidelik meer waardevol as goud) verskyn in haar bakkie. Die vraag is egter – mag ek of mag ek nie?
 

Kan mens melk aan jou kat gee en het katte eintlik melk eers nodig? Hier is ‘n bietjie raad, hulp en ‘n antwoord oor die mees algemene kat-mite … daardie melkmite …
 

image source: http://www.pethealthnetwork.com


DIE WAARHEID OOR MELK


Kom ons begin by die begin – wat is melk eintlik? Dis 90% water, bevat suiker (hoofsaaklik laktose), proteïene, vet en sekere minerale. Dit klink tog te wonderlik nie waar nie? So wat is die probleem dan nou eintlik?


Wel, in ‘n neutedoppie – dis nie die melk nie, maar die tekort aan ensieme. Soos wat ons katjiekinders ouer word, produseer hulle liggaampies nie meer die laktase ensiem nie. Hierdie ensiem is juis belangrik, want dit is verantwoordelik vir die afbreking van die suikers (laktose) in die melk – om dit reg te maak vir die ligaam om dit te absorbeer natuurlik.

 
M.a.w die laktose bly in katjie se spysverteringskanaal totdat dit heeltemal deurbeweeg (so ‘n klein hoeveelheid melkies behoort eintlik nie ‘n probleem te veroorsaak nie), MAAR meer melk in die spysverteringskanaal veroorsaak dat meer water geabsorbeer moet word, en dit kan lei tot drama, abdominale ongemak, krampe, braking, diarree en KAN wel ‘n probleem veroorsaak. Nee dankie.


MAAAAAR aan die ander kant – hardlywige katjies kan wel voordeel trek uit ‘n klein bietjie melkies elke dag om daardie magies te wikkel om te wals. Daar is natuurlik altyd beter opsies beskikbaar as melk vir ‘n magie cha-cha, soos laktose wat vrylik beskikbaar is (en wat ook nooit op hulle heupe bly sit nie – ek sê maar net).


Soos wat volwasse mense ook ouer word, het hulle ook nie meer die laktase ensiem nie. Gelukkig is ons situasie minder drasties en raak die meeste mense nie siek wanneer hulle melk drink nie. MAAR indien ‘n mens laktose-onverdraagsaam is, sal daar wel elke keer ongemak en trane wees.

 

Dit is maar eintlik net dieselfde met ons katjie-kinders, melk help om een katjie se magie te verlig en laat dan die ander katjie braak (sekere katjies kan byvoorbeeld ‘n hele bakkie opdrink voor ‘n middagslapie en ander gooi binne 10 minute heerlik op).


MAAR HOEKOM IS DIT SO BITTER SLEG VIR KATTE?


Wel, die waarheid is, dis eintlike nie SO sleg vir ons katjies nie (in klein hoeveelhede natuurlik), maar dis ook nie SO wonderlik nie. Oe – wat ‘n raaisel.


Maagkwessies, oortollige vet en proteïene kan ‘n wanbalans in hulle dieet veroorsaak en kan ook veroorsaak dat hulle gewig optel. Diabetiese katte of katte geneig tot urinêre probleme moet beslis wegbly van melk af. Die glukose, oortollige kalsium en ander minerale veroorsaak probleme met bloedsuiker en urine kristalle.


SO JY MAG JOU KAT ‘N KLEIN BIETJIE MELK GEE AS ….


Hulle lyfies melk kan verdra en as dit veilig is, hou egter matigheid voor oë. Moet net nie ‘n gewoonte daarvan maak nie asseblief.
 

Tags: melk katte
Comine du Toit
Animal lover and cat fanatic, Comine du Toit is a Freelance Copywriter at ePETstore in South Africa. She is a mom to a very energetic Sphynx, and the godmother to a clowder of cats, a kennel of dogs as well as a flock of geese. She's a firm believer that pets are family.
read more ⟶
Leave a comment
You might also like