Menu

Met ‘n land so mooi soos Suid-Afrika, is ons geseënd met natuurskoonheid om elke hoek en elke draai. Vir die afgelope 3 jaar reis ek en my kaalboudkatjie tog te lekker deur hierdie beeldskone land van ons, en soos meeste viervoet mammas en pappas bewus is, is ‘n naweek weg met ons diere AL wat ‘n mens soms nodig het.

Ons is natuurlik verantwoordelik vir ons troeteldiere se gemak en veiligheid, of ons nou na die Wildtuin, die berge, die see of na een van Suid-Afrika se vele riviere reis. Hier is my top wenke vir ‘n goed voorbereide en voorspoedige reis binne die grense van Suid-Afrika.

Image source: https://urbanmatter.com

TROETELDIERE IN DIE KAR

 

☼ WAT JY BENODIG

IDENTITEITSPLAATJIES, HARNASSE & LEITOUE

Dit help nie ons jok vir mekaar nie, sommige diertjies kan lekker stout wees! Voorkom dat jou stoute kabouter dalk verlore raak wanneer hulle ‘n draaitjie loop of iets te drinke kry met ‘n ID Tag, Harness en Lead.

Keer dat jou kat kattekwaad doen en belê in die Rogz Reflective Harness. Dit lyk uitstekend, pas uitstekend en spog met voordele soos maksimum sigbaarheid en gemak.

Die Drive Dog Harness is wonderlik om bewegende boudjies veilig te hou op die agterste sitplek en is natuurlik getoets, beproef en spog met fantastiese resultate.

Die Pet-Secur Car Safety Clip is inderdaad ook ‘n baie handige hondeproduk om te besit.

Diertjies moet NOOIT los in die kar rondloop, rondspring, rondkruip of “rondgalop” nie, dit is gevaarlik, roekeloos asook bitter onnodig. Veiligheid kom altyd eerste né.

HOKKIES & KOMBERSIES

‘n Pet Carrier is goud werd wanneer ons met ons diertjies reis. Kombersies is perfek vir daardie snoesige gevoel, want gemak is mos alles. Ek stel voor dat katjies ALTYD in hulle reishokkies moet wees, maar vir hondjies het ons ander opsies (soos reeds genoem).

As jou karsitplekke baie vir jou beteken, belê in ‘n Seat Protector, hoekom dan nou nie? Die lewe is net te kort om te huil oor gekrapte leer of materiaal weens hulle naels.

STRESBEHANDELING

Foeitog, sommige diertjies is maar nou net nie lief om te reis nie. As jy so ‘n senuweewrak ken, kyk gerus na ePETstore se reeks van hond - en kat kalmeerprodukte. Almal in die kar verdien om ‘n aangename reis te hê.

KOSBAKKIES VIR REISDOELEINDES

Nou dat daar spesiale kosbakkies vir reis beskikbaar is - is daar geen verskoning om nie jou kar in ‘n vyf - ster diererestaurant te verander nie. Die gerieflike Curver 3-in-1 Pet Bowl is net briljant. Hierdie bakkie hou kos vars (uitstekend vir die lang pad) en het ook ‘n waterbakkie om te voorkom dat baba dehidreer.

As ons lekker geëet het, en die walms kom na vore, Stain Removers en Odour Neutralisers is fantasties om jou, die gesin en die kar te red van giftige klankies.

PAK TOILETTYD AAN MET SELFVERTROUE

Maak seker daar is genoeg Poop Bags in die kar, asook dat kietterkat se Cat Tray en Cat Litter op “standby” is.

En moenie vergeet om ‘n swartsak of twee in te pak nie, want die een keer wat mens wel ‘n drom soek, sit dit net in Timboektoe. 

Weereens, as die algemene netheid van jou kar vir jou belangrik is, kyk na Biodegradable of Silica katsand. Albei help om vlieënde vloeistof deur die kar te keer.  

SPEELGOED

Magies vol … ogies nie toe nie? Verlei hulle met honde - of kattespeelgoed. Die Kong Dog Toy is ‘n uitstekende keuse om honde se aandag af te lei, en die Valerian Hemp Heart is nou maar eenmaal net ‘n treffer onder katte.

NOODHULP

Stop onverwagse maagwerkies met Royal Canin Intestinal Dog Food. Hierdie pakkie towerkuns benodig wel ‘n voorskrif, maar is beslis die moeite werd! 

As diarree nog steeds nie sy ry kan kry nie, Diomec is ‘n wonderlike produk om die onsin te stop. 

Hou ook net in ag, alhoewel meeste karvensters ons teen gevaarlike UV-strale beskerm, kan ‘n mens nog steeds sonbrand opdoen. As jou diertjie moet oppas vir sonbrand - koop ‘n  Pet Sunscreen en wees veilig. Niemand kan die vakansie so rooi soos ‘n kreef begin nie. 

 

☼ OP DIE DAG VAN DIE REISTOG

Begin die avontuur, en gaan loop ‘n draai - letterlik en figuurlik. Oefening en leë blasies is goud werd op die pad. 

Wanneer dit tyd is om ‘n steri stumpie, coke, biltong of ‘n hoenderpastei te koop, moet NOOIT OOIT jou diertjie in die kar los nie. Die temperatuur verhoog binne sekondes en kan lewensgevaarlik word in ‘n oogwink. Moenie jouself flous deur te dink ‘n venster wat klein oopgemaak is gaan enigsins help nie. Moet asseblief tog net die DAARDIE persoon wees hierdie vakansie nie.

Wanneer die rit verby is, bederf hulle met soene en bitter baie drukkies. Om ‘n goeie konnotasie met reis in hulle geheue skep kan net voordelig wees. As julle by vriende of vreemdelinge bly, hou maar die leiband aan totdat jou geliefde troeteldier rustig word en gewoond raak aan die nuwe omgewing.

 

☼ MOET NOOIT DIE VOLGENDE IN DIE KAR DOEN NIE

Moet NOOIT die kar se vensters heeltemal oopmaak nie. Ons almal weet dat diertjies alewig hulle koppies by die ruite wil uitsteek, en dit is net te gevaarlik om te waag. So moet net nie. Dankie.

Moet NOOIT dat bababeertjie op jou skoot sit, tussen die sitplekke staan OF hulle toelaat om vrylik in die kar rond te beweeg nie. Dit steur die bestuurder en is gevaarlik vir die passasiers. 

 

Image source: https://cdn.pixabay.com

 

TROETELDIERE IN DIE LUG

☼ WAT JY BENODIG

REISHOKKIES & REISBENODIGHEDE

Natuurlik kort ons diertjies ‘n AIRLINE Approved Pet Carrier. Bid Air Cargo vereis dat daar absorberende materiaal op die vloer van die hokkie geplaas word; so: belê in ‘n Travel Kit en maak jou lewe sommer 70 keer makliker, want ek twyfel of ‘n 1000 koerante op mekaar gepak aanvaar gaan word.

Ook bitter belangrik is, is dat jou diertjie MOET kan opstaan en omdraai in die hokkie, anders is dit nie ‘n hokkie nie, maar ‘n tronk. As jy klaar die trotse eienaar van ‘n hokkie is, maak seker jou hokkie voldoen aan al die Bid Air Cargo vereistes, voordat jy dalk op die dag moet omdraai of ‘n hokkie moet huur.

Inligting oor Bid Air Cargo vereistes - Crate Requirements.

KOMBERSIES, TRUITJIES, HARNASSE & LEITOUE

Dit kan mos mal koud raak op ‘n vliegtuig, berei jou wollerige viervoet kinders voor met blankets en jackets op die vlug. Wees 100% voorbereid na die vlug met ‘n honde - of katteharnas en leitou sodat hulle VEILIG hulle bene kan rek en strek.

STRESBEHANDELING 

‘N vinnige spuit van Feliway of Adaptil hou 4 tot 5 ure lank. Sjoe, en niemand vlieg hopelik langer as dit in SA nie. Dit is klinies bewys dat dit diertjies op ‘n natuurlike manier kalmeer.

‘n Thundershirt is self nie ‘n slegte plan nie, en spog met ‘n vermoë om 80% stres te verminder in katte en honde.

INENTINGS EN VEEARTSBESOEKE

HIERDIE is uiters belangrik - maak seker jou diertjie se inentingsboekie is op datum. Maak ‘n afspraak met jou veearts niks minder as 14 dae voor jou vlug nie. En onthou, dit is wet dat ALLE diere teen hondsdolheid ingeënt MOET word in Suid-Afrika.

Praat met jou veearts oor “snub nosed” diere, want baie sukkel om asem te haal wanneer hulle deur die wolke sweef. Selfde geld vir siek diertjies, asb wees verantwoordelik en vind uit of hulle ligaampies reg is vir ‘n vliegtuigreis.

Lees hier vir inligting oor Bid Air Cargo troeteldierreëls - Pet Requirements.

 

☼ HOE OM JOU VLUG TE BESPREEK

Bespreek jou vlug 48 uur voor jou vlug, dit maak nie saak van waar in die land jy vertrek of gaan nie, alle vlugte word deur JHB Pet Lounge bespreek by 011 230 4600.

Waneer jy jou eie kaartjie aanvanklik bespreek, oorweeg vlugte wat diere toelaat soos Kulula of BA Comair (British Airways). Dit maak die reis vir jou troeteldier gemakliker, korter en beter.

 

☼ OP DIE DAG VAN DIE REISTOG

En natuurlik gaan ek sê dat hulle ‘n pieps of poef moet maak. Dit bly uiters belangrik, want as hulle eers in hulle hokkies is, is daar nêrens om heen te gaan nie. Om met hulle te draf en/of te speel help dat hulle moeg is en deur als heerlik slapies.

Onthou jy MOET 2 ure voor jou vlug jou troeteldier al by Bid Air Cargo (Pet Lounge) hê. 

Spoor jou naaste Pet Lounge op - Bid Air Cargo Facilities.

 

☼ ALGEMENE VRAE OOR REIS PER VLIEGTUIG

Hoe jonk is TE jonk?

Hondjies en katjies van 8weke oud kan al vlieg. As jou babadiertjie minder as 3maande oud is, kort jy ‘n leesbare kopie van die mamma se inentingsboekie.

Mag ek my diertjie met pille kalmeer?

Die mengsel van pille en hoogte kan ‘n dodelike kombinasie word vir ons diertjies. Bespreek eerder met jou veearts of jy kan OF nie, of belê in veilige kalmeerprodukte soos Feliway Spray vir katte en Adaptil Spray vir honde.

Mag boeties of sussies saam reis in dieselfde hokkie?

‘n Maksimum van twee volwasse diertjies wat 14kg elk weeg, met ‘n soortgelyke grote en albei dieselfde soort is (hond & hond / kat & kat) mag saam vervoer word in dieselfde hokkie. Diere wat meer weeg MOET alleen reis.

‘n Maksimum van twee diertjies tussen 8 weke en 6 maande oud van dieselfde mamma, wat tot 14kg elk weeg, en albei dieselfde soort is (hond & hond / kat & kat) mag saam vervoer word in dieselfde hokkie.

Katte ouer as 2 jaar mag NIE in dieselfde hokkie vlieg nie.

Vir nog inligiting - Crate Requirements.

Image source: http://stevedalepetworld.com


VIR DIEGENE WAT SONDER HULLE DIERTJIES VERTREK

Vir meer inligting, lees gerus ePETstore se artikels What to Look for in a Pet Hotel of Find the Purff-fect Pet Sitter vir ‘n goeie idee waar om te begin.

Comine du Toit
Animal lover and cat fanatic, Comine du Toit is a Freelance Copywriter at ePETstore in South Africa. She is a mom to a very energetic Sphynx, and the godmother to a clowder of cats, a kennel of dogs as well as a flock of geese. She's a firm believer that pets are family.
read more ⟶
Leave a comment
You might also like